Howbill se langafstand atlete het hulle goed van hulle taak gekwyt in die jaarlikse Mitchell’s pas halfmarathon.
Magrieta Willemse, die atletiekspanvoorsitter het van voor af gelei, en kon in 3de plek in haar afdeling, vroue 40+, oor die eindstreep hardloop. Sy kon die 10km in ʼn indrukwekkende 52:21 aflê. Haar terugkeer was veral verblywend na sy laasjaar met ʼn heupbesering op die krukkelys was.
Keketso Mosuhli het in die 10km mans afdeling sy staal gewys. Hy is 6de in sy ouderdomsgroep, senior mans 20 – 39 geëindig, en dertiende algeheel. Hy kon die afstand in ʼn haastige 40:52 aflê. Sy doel met die hardloop was ʼn bietjie kondisionering vir die komende sokker seisoen, en hy het nie eers doelgerig vir die langafstand geoefen nie.
Howbill se mans span het hulle spanwerk in die stryd vir die tweede / derde plek gewys en kon met ʼn split deel van ʼn sekonde voor Nooitgedacht eindig. Hulle finale tyd was 2:57:13.

