Anthony Jonkers het die skare by die finale rondte van die Koue Bokkeveld opleiding sentrum talentkompetisie op hulle voete gehad met sy lewendige kletsrym vertoning.
Mnr Jonkers en sy begeleiers; Carel Maritz en sy twee dogters, Carlia en Resmi, het reeds in die 1ste rondte van die kompetisie gewys dat die verhoog hulle nie afskrik nie. Hulle het daar teen ander Koue Bokkeveld en Agter-Witzenberg items deurgedring na die finale rondte, wat die hele Witzenberg munisipale streek verteenwoordig het.
Anthony het sy eie liedjie opgevoer. Hy noem dit Drug Abuse.
Die lirieke het sensitief met die gewigtige onderwerp omgegaan, en het sy gehoor op ʼn vermaaklike manier stof tot nadenke gegee.
Met die liedjie het hy die beker vir Solo sang in die kompetisie gewen.
Ons hoop Anthony en die Maritz’e se vertoning inspireer ander om hulle talente uit te leef.

